Breakfast Club Blog
Madeleen Steenkamp se praatjie - Om na al Madeleen se praatjies te luister kliek op die "Verhoudingsadvies" knoppie bo regs op die bladsy─── 07:57 Wed, 11 May 2011

Vandag bespreek ek drie algmene seksuele probleme en die behandeling daarvan. Naamlik koudheid, impotensie en vaginismus. Koudheid is ‘n kondisie wat voorkom by vrouens en ook soms by mans, waar die persoon ‘n baie lae libido het. As hul wel seks het, is die ervaring baie afgewater. Impotensie is ‘n kondisie wat by mans voorkom, en waar die persoon sukkel om ‘n ereksie te kry of sukkel om een te behou. Vaginismus is weer ‘n kondisie wat by vrouens voorkom en waar die persoon enige vorm van penetrasie baie pynlik beleef. Dit word ook vroulike impotensie genoem en behels ‘n spasma in die vagina. Mense loop dikwels jare lank met hierdie tipe probleme sonder om hulp te soek daarvoor, omdat hulle te skaam is om daaroor te praat. Tog is hierdie tipe probleme heeltemal oplosbaar en is die behandelings proses eintlik nogal fun. Want die persoon groei deur die proses in so ‘n mate dat hul na die probleem opgelos is, ‘n paar ander verbygevat het.
Die eerste stap is natuurlik om eers by ‘n ginekoloog of uroloog uit te kom om seker te maak of die probleem nie ‘n fisiese oorsprong het nie. In 99% gevalle is daar geen fisiese probleem nie, en moet die probleem sielkundig sowel as met gedrags terapie aangespreek word. Eers word ‘n seksuele geskiedenis geneem en moet skielkundig ‘huis skoongemaak’ word. Veral by mense wat voorheen gemolesteer of verkrag is, of ander wat op meer subtiele maniere seergekry het seksueel. Is rou terapie nodig. Seksuele herprogrammering word gedoen en hierna moet die persoon bereid wees om te begin groei. By gevalle iemand ly aan koudheid, word gefokus op herprogrammering, seksuele selfbeeld ontwikkeling en rekonneksie met die persoon se seksualiteit. By impotensie word mans geleer om die vrees te oorkom om dalk nie ‘n ereksie te kry nie. Hulle word geleer om liefde te maak met of sonder ‘n ereksie. Soms word hulle opdrag gegee om vir ‘n twee weke periode, 2 maal ‘n week liefde maak met hul maats, en doelbewus te probeer om nie ‘n ereksie te kry nie. Sodra die vrees om nie ‘n ereksie te kry nie, oorwin is, kom die ereksie gewoonlik vanself. Seker apparate wat by ‘sexshops’ beskikbaar is, word ook aanbeveel om te help met ekstra stimulasie. By vaginismus word ‘n sistematiese desensitiserings program voorgestel waar vrouens stap vir stap oefen met ‘n vibratortjie wat soos ‘n penis lyk om geleidelik die vagina gewoond te maak om penetrasie te akkommodeer, sonder enige vrees vir seerkry.
Tip: Besluit om jou seksuele probleem aan te spreek vandag en dadelik ‘n huisdokter, ginekoloog of seksterapeut te skakel om jou te help, want almal van ons het respek vir iemand met ‘n probleem, maar niemand van ons het respek vir iemand wat ‘n probleem het en dit nie aanspreek nie.