Business
OFM Sake-Uur: Harrismith sakelui werk moedig voort─── 15:11 Wed, 09 Nov 2022
Sakelui op Harrismith sit ten spyte van talle uitdagings steeds skouer aan die wiel om dié Oos-Vrystaatse dorp te verbeter.
Luidens die hoof uitvoerende beampte van die Harrismith Sakeforum, Ben Deysel, bly kragonderbrekings 'n bedreiging vir die plaaslike ekonomie. Hoewel gevestigde besighede ietwat meer in staat is om die uitdaging te oorbrug, is dit die kleiner besighede wat die risiko loop om hul deure te sluit.
Hy het met Kayla Barker op die OFM Sake-Uur gesels.
Eskom en die forum het onlangs 'n ooreenkoms aangegaan wat Eskom as die verspreidingsagentskap vir elektrisiteit in Harrismith begin. Deysel sê die forum, wat uit meer as 200 besighede bestaan, het 'n hofbevel teen Eskom en die munisipaliteit, wat dien as 'n regstoepasser van hierdie ooreenkoms. Dié hofbevel dateer uit 2018.
