Business
OFM Sake-uur: 'Gee voorkeur aan plaaslike diensverskaffers tydens groot geleenthede'─── OLEBOGENG MOTSE 15:20 Tue, 10 Jan 2023
Die president van die Mangaung Kamer van Koophandel en Nywerheid (MCCI), Nancy de Sousa, beklemtoon dat plaaslike diensverskaffers en besighede voorkeur moet geniet wanneer groot geleenthede in sentraal Suid-Afrika plaasvind.
De Sousa het gepraat met verwysing na die ANC se verjaardagvieringe op 8 Januarie, wat die afgelope naweek in Bloemfontein en omliggende gebiede plaasgevind het.
De Sousa sê voorheen, toe die sakekamer navraag gedoen het of plaaslike verkopers en geleentheidsorganiseerders tydens groot politieke geleenthede gebruik word, is bevind dat dit nie die geval is nie.
Lees Ook: OFM Sake-Uur: Harrismith sakelui werk moedig voort
Sy sê die enigste manier om stagnerende plaaslike ekonomieë en swak dienslewering aan te pak, is om plaaslike sakeondernemings te ondersteun.
