On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Business

Pleidooi vir SAID-satellietkantoor in Springbok kry momentum

───   OLEBOGENG MOTSE 21:30 Wed, 25 Oct 2023

Pleidooi vir SAID-satellietkantoor in Springbok kry momentum | News Article

Die Namakwalandse Kamer van Koophandel in vennootskap met die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om 'n satellietkantoor in Springbok teen middel 2024 te bou.

Franklin Meyer, uitvoerende lid van die Namakwalandse Sakekamer, sê aan OFM Sakeuur dat sake-eienaars en inwoners minstens 350 km moet reis om toegang tot die naaste SAID-takke te verkry. Hoewel meeste sake aanlyn gedoen kan word is dit soms nodig om ’n tak te besoek.

Die versoekskrif lui: "Die Namakwalandse Kamer van Koophandel met lede van 150 kleinsake- en gevestigde sake-eienaars in die Namaqua-streek het 'n behoefte aan 'n SAID-kantoor geïdentifiseer om kleinsake-eienaars in die gebied te help. Ons wil graag die geleentheid hê om nou saam met die SAID te werk om die kwessies wat ondernemings ondervind op te los.”

LEES OOK: TLU SA Kongres kyk na oplossings vir landbou-uitdagings

Meyer sê die sakegemeenskap in die Namakwaland is ’n baie hegte groep vanweë die grootte van die platteland en almal deel dieselfde waardes. Ondernemings steun die kamer steeds te midde van ekonomiese uitdagings.

Korporatiewe vennootskappe is belangrik om suksesvolle werkswinkels in sake-opleiding aan te bied

Meyer sê Standard Bank, ABSA en ander staatsinstellings is instrumenteel in die verskaffing van opleiding aan sake-eienaars. Hulle help om aan te pas by die ekonomiese klimaat maar hul doelwit is ook om die sake-eienaars te help om suksesvol te wees.

LEES OOK: Kwêla se ‘Dorp van die Jaar’-titel gee Kroonstad ’n hupstoot

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.