On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Vanwyksvlei-waterkrisis geniet aandag, sê munisipale bestuurder

───   11:45 Fri, 17 Jan 2020

Vanwyksvlei-waterkrisis geniet aandag, sê munisipale bestuurder | News Article

Die waterkrisis in die Vanwyksvlei-gebied in die Noord-Kaap het in die nuwe jaar aansienlik vererger toe die meerderheid boorgate opgedroog het.


Die Kareeberg Munisipale Bestuurder, Faried Manuel, sê weens die lae reënval die afgelope jare is die gemeenskap totaal afhanklik van ondergrondse waterbronne. Dié waterkwessie het glo al in die tagtigerjare begin.

Die munisipaliteit is egter besig om na oplossings te soek. ‘n Beoogde pypleiding sal van Carnarvon in die Noord-Kaap tot in Vanwyksvlei aangelê word, sê Manuel.

“Daar was destyds samesprekings met die Departement van Waterwese, so die koste-implikasies sal Waterwese oor besluit, want die departement finansier die projek, maar die Carnavon-roete is goedgekeur,” sê Manuel.

Dit kom nadat inwoners van die Vanwyksvlei-gebied ontsteld is oor die munisipaliteit se hantering van die situasie, sowel as die waterkrisis en beperkings wat dit meebring. Baie mense van die gemeenskap kan nie was nie, huishoudelike take doen of hul plaasdiere voed nie, en moet ver afstande loop om toegang tot water te verkry by 'n gemeenskaplike kraan.

 

OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.