On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Buitelanders dring aan op beskerming

───   11:49 Wed, 22 Jan 2020

Buitelanders dring aan op beskerming | News Article
Foto: Roderick Titus

Groot getalle buitelanders van verskeie nasionaliteite het vanoggend voor die kantoor van die Menseregte Kommisie in Upington byeen gekom.


Hul dring onder meer aan op beskerming van die kommisie, nadat hulle deur Suid-Afrikaners vanuit woonbuurte verjaag is. 

Buitelanders wat bang is vir viktimisering sê hulle lewens is in gevaar. 

Die hoof van die kommisie, advokaat Chantelle Williams, het by navrae aangevoer dat hulle tans in n werksessie betrokke is en dat hulle die probleem aandag gee. 

Williams het ook aangevoer dat die regte van alle inwoners van Suid-Afrika beskerm word deur die Grondwet, en dat uitsetings onwettig is. 

Sy sê verder plaaslike inwoners moet hulle nie skuldig maak aan menseregte skendings nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.