On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Blinde, bedlêende Noord-Kaapse vrou pleit om hulp - VIDEO

───   BLAINE JONES 10:41 Mon, 01 Nov 2021

Blinde, bedlêende Noord-Kaapse vrou pleit om hulp - VIDEO | News Article
VIDEOGREEP

Die 55-jarige blinde vrou en inwoner van die Mahala-park informele nedersetting naby Galeshewe in Kimberley is glo al dekades lank in haglike toestande agtergelaat.

OFM-nuus se Blaine Jones en Lucky Nkuyane berig dat Maasdorp, wat saam met haar man in 'n enkelvertrek woon, sê sy is sedert 1997 blind en sy het die grootste deel van haar volwasse lewe gesukkel om te oorleef onder, wat sy beskryf as onmenslike omstandighede.


Maasdorp sê sy en haar man woon al amper 30 jaar lank in die omstandighede met geen behoorlike toilet, geen waterkraan en geen elektrisiteit nie. Niemand, insluitend die plaaslike regering, het al probeer om haar te help nie, ondanks 'n paar pogings om hulp te kry. Maasdorp voeg by sy is bedlêend en sê haar lewensomstandighede word elke dag erger. Sy is een van baie inwoners in die area wat swaarkry en dit moeilik vind om onder dié toestande te leef wanneer daar geen dienslewering bestaan nie.

OFM-nuus het vroeër berig oor nog 'n inwoner van dieselfde area, Gloria Brant, wat sê sy leef al vir meer as 20 jaar sonder elektrisiteit.

LEES MEER: NK-inwoners vir jare sonder elektrisiteit - VIDEO


OFM-nuus/Blaine Jones en Lucky Nkuyane

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.