On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Departement gee opdrag dat nog twee Vaaldamsluise oopgemaak moet word

───   09:19 Fri, 07 Jan 2022

Departement gee opdrag dat nog twee Vaaldamsluise oopgemaak moet word | News Article

Opdrag is gegee dat nog twee sluise van die oorvol Vaaldam tussen Gauteng, Mpumalanga asook die Vrystaat oopgemaak word ná die goeie reënval oor die opvangsgebied.

Twee sluise is reeds vroeër oopgemaak.

Die Departement van Water en Sanitasie sê in 'n verklaring die impak op die geïntegreerde Vaalrivierstelsel, wat benewens die Vaaldam nog 13 damme insluit, word gemonitor.

LEES: Noord-Kaapse paaie steeds gesluit weens verspoelde brûe

Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê water vloei tans teen 565 kubieke meter per sekonde in die Vaaldam in, terwyl die uitvloei beduidend hoër is op 689 kubieke meter per sekonde.

Hy sê hy hoop dat hulle die vlak van die dam só spoedig kan verlaag.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.