Central SA
Valke lê beslag op dokumente by Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement─── 10:26 Sat, 12 Mar 2022
Die Valke in die Noord-Kaap het ‘n beslagleggingsoperasie Vrydag uitgevoer by die hoofkantoor van die provinsie se Departement van Gesondheid in Kimberley.
Valke woordvoerder Tegogo Thebe kon bevestig dat beslag gelê is op hardeskywe en geheuestokkies in hulle ondersoek na ‘n reeks klagtes van bedrog en onregmatighede.
Die klagtes hou glo verband met die departement se aankope van Covid-19 persoonlike beskermingstoerusting.
Lees meer - #BreakingNews: SIU, Hawks arrest National Lotteries officials in NC - PHOTOS
Thebe sê die ondersoekspan is vol vertroue dat meer inhegtenisnames sal volg.
LEES MEER: Communal land saga: Northern Cape municipality in trouble
OFM-nuus/Roderick Titus
