On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Lucas briesend oor munisipale amptenare se optrede

───   09:09 Sat, 02 Apr 2022

Lucas briesend oor munisipale amptenare se optrede | News Article
Adjunk voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Silvia Lucas/FOTO: OFM-nuus

‘n Afvaardiging van die Nasionale Raad van Provinsies het tydens ‘n oorsigbesoek aan die watersuiweringsaanleg by Kakamas in die Noord-Kaapse Kai Garib munisipaliteit meer as een uur gewag vir munisipale amptenare om op te daag.

Die adjunk voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Silvia Lucas, sowel as die Demokratiese Aliansie se Willie Aucamp, wat ook ‘n lid van die afvaardiging was, het beswaar hieroor aangeteken en dit op rekord geplaas.

Lucas het die munisipaliteit se amptenare daarvan beskuldig dat hulle nie die oorsigbesoek in die nodige belangrike lig ag nie.

Die Waarnemende Munisipale Bestuurder by die Kai Garib Munisipaliteit, Dokter Johhny Mckay, het ‘n voorlegging oor die munisipaliteit - wat onder meer Keimoes, Kakamas en Kenhardt bedien, se uitdagings gelewer.

LEES MEER: #NCfloods: Kai !Garib watervlakke daal

Kakamas gaan erg gebuk onder waterprobleme en sukkel met ‘n aanleg waar water nie behoorlik gesuiwer kan word nie, en inwoners dikwels sonder water moet klaarkom.

Mckay het aan die afvaardiging verduidelik dat die watersuiweringsaanleg by Kakamas in 1981 gebou, is en sedertdien nooit opgegradeer is nie.

Hy sê onlangse vloede het verder druk op die stelsel geplaas.

LEES MEER: Lucas vat Vass vas oor besteding

Hy het ook beken dat die paaie in die gebied nie na wense is nie, en dat ‘n tekort aan finansies dienslewering onmoontlik maak.

Lucas het na die voorlegging gesê sy is nie tevrede met die stand van sake nie, en dat instandhouding van infrastruktuur van kardinale belang is.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.