On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

LUR vir Onderwys gaan skool besoek ná leerder se dood - VIDEO

───   09:41 Thu, 05 May 2022

LUR vir Onderwys gaan skool besoek ná leerder se dood - VIDEO | News Article

Die amptenare van die Vrystaatse Onderwysdepartement gaan vanoggend die skool besoek om berading aan leerders en die ouers van die oorlede leerder te gee.

Dit kom nadat die Vrystaatse Onderwys LUR, Tate Makgoe, skok uitgespreek het nadat 'n graad 6-leerder na bewering deur 'n mede-leerder met 'n mes doodgesteek is.

Lees ook: #BreakingNews: Shock after Free State primary school learner's death

Luidens ’n verklaring deur Makgoe, “veroordeel ons die gewelddadige gedrag wat gelei het tot die dood van ’n leerder, na bewering ten koste van sy portuur, net buite die skoolterrein. Dit is onaanvaarbaar. Die SBL moet hierdie voorval ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen die oortreder neem,” het Makgoe gesê.

Hy het sy innige meegevoel teenoor die familie uitgespreek en genoem dat hul psigososiale span die skool, familie en alle geaffekteerde lede van die skool sal ondersteun.


Hierdie is 'n ontwikkelende storie.

OFM-nuus/Heidré Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.