On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 8 000 voltydse en deeltydse matrieks skryf eksamen in Noord-Kaap

───   09:29 Fri, 06 May 2022

Meer as 8 000 voltydse en deeltydse matrieks skryf eksamen in Noord-Kaap | News Article

Meer as 8 000 voltydse en deeltydse matrieks in die Noord-Kaap gaan van Maandag af by 101 eksamensentrums regoor die provinsie begin om die Mei/Junie-eksamen vir die Nasionale Senior-sertifikaat, asook die Senior sertifikaat, af te lê.

Die department se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê die matrieks begin met Engels en eindig vanjaar met besigheidstudies op die 23ste Junie. 

Hy sê bykomende ondersteuningspersoneel en monitors gaan die proses monitor om te verseker dat die eksamen vry en regverdig geskied. Dit, terwyl diegene wat die eksamens gaan aflê, aangemoedig word om toelatingsbriewe by hulle onderskeie registrasie-sentrums af te haal.

Van der Merwe voeg by dat waar probleme ondervind word, moet kandidate hulle naaste streekkantore besoek om te verseker dat hulle wel Maandag toelating kry tot eksamensentrums. 

Die departement sê ook dat gegewe die landwye toename in koronavirus-gevalle, streng protokol by sentrums gaan geld. Die merk van antwoordstelle gaan vanaf die 2de tot die 12de Julie plaasvind, met uitslae wat die 3de Augustus vanjaar beskikbaar gemaak gaan word.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.