Central SA
Die skool het gevaarlik geword: LUR─── HEIDRÈ MALGAS 16:39 Mon, 06 Jun 2022
Daar was geen brandblussers byderhand toe ‘n brand Sondag by Dr Blok se koshuis uitgebreek het nie.
Dit is volgens die LUR van Onderwys in die Vrystaat, Tate Makgoe.
Hy het bygevoeg dat die koshuis geen veiligheidsmaatreëls in plek gehad het om die leerders en personeel se veiligheid te verseker nie.
“Die koshuispersoneel was veronderstel om vir brandopleiding te gaan nadat die eerste brand uitgebreek het, maar dit is vertraag weens Covid-19.”
Hy sê dat die brand skynbaar weens 'n elektriese fout ontstaan het, volgens leerders se verklarings.
LEES OOK: #DrBlokFire: MEC addresses learners
Makgoe het bygevoeg dat dit die skool uiters gevaarlik maak, en dat sy departement dit 'n prioriteit sal maak om te verseker dat dit nie 'n derde keer gebeur nie.
"Ons gaan seker maak dat begrotings geskuif word om te fokus op soortgelyke situasies," het hy gesê.
“Daar is nog geen verblyf vir die leerders vir vandag en die dae wat kom nie, maar ons prioritiseer dit. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het ons verblyf belowe, en ons het ook met ander skole gepraat vir toegang tot verblyf, maar ons sal verseker dat hulle gehuisves word,” het hy bygevoeg.
Vir skenkings, kontak asseblief die skoolhoof, Edwin Rabela, by 082 352 8930.
OFM-nuus/Heidrè Malgas
