Central SA
ANC se opsystaanreël sal ook vir ZF Mgcawu-burgemeester geld─── 13:00 Sun, 19 Jun 2022
Die regerende ANC in die Noord-Kaap sê die party se opsystaanreël sal op die burgemeester van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit, Marius Louw, toegepas word.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hou die aanklagte verband met ‘n kooptransaksie van twee voertuie ter waarde van R1,5 miljoen. Hulle het na bewering vervalste dokumente gebruik.
LEES OOK: ZF Mgcawu uitvoerende burgemeester deur Valke in hegtenis geneem
Die provinsiale sekretaris van die ANC, Deshi Ngxanga, sê hulle is bewus van die aanklagte en sal die opsystaanreël toepas.
Louw en sy vrou, en twee ander, het Vrydag in die streekshof in Upington verskyn op twee aanklagte van bedrog.
LEES OOK: Vier in hegtenis geneem nadat hulle finansieringsmaatskappy bedrieg
OFM-nuus het vroeër berig die Valke se Kaptein Tebogo Thebe sê in 'n verklaring dat Louw op R5 000 borgtog vrygelaat is, gevolg deur sy vrou, Gertrude Louw, op R1 000. Dit, terwyl Bernadette Isaks ook op R1 000 en Steven Beukes op R5 000 borgtog vrygelaat is.
LEES OOK: ZF Mgcawu Speaker reageer op beweerde inhegtenisname van burgemeester
Al vier verdagtes verskyn op 11 Julie vanjaar weer in die landdroshof in Upington.
Die speaker van die ZF Mgcawu-distrik, Stanley Peterson, het intussen gesê hy neem kennis van die verwikkelinge en dat die kwessie binnekort tydens die raad se vergadering ter tafel gelê gaan word.
