On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Zastron-gemeenskap se krane steeds droog

───   HEIDRÈ MALGAS 15:17 Tue, 28 Jun 2022

Zastron-gemeenskap se krane steeds droog | News Article
FOTO: Verskaf

Die Zastron-gemeenskap is ná amper drie weke steeds sonder water met watertoevoer wat nog nie herstel is nie, het AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, Christo Groenewald, gesê.

Volgens Groenewald sal AfriForum voortgaan om die gemeenskap met water te help. “Intussen moedig ons die gemeenskap aan, veral diegene met boorgate, om betrokke te raak en lede van die gemeenskap van skoon, drinkbare water te voorsien,” het Groenewald gesê.

LEES OOK: Zastron-gemeenskap byna twee weke sonder water

OFM-nuus het vroeër berig dat die gemeenskap sonder water sit nadat ’n waterpomp opgepak het en gevolglik watertoevoer na dié dorp onderbreek het.

“Tot nou toe het die munisipale distriksmunisipaliteit nog geen korrespondensie gestuur ná die skrywe wat aan hulle gegee is deur AfriForum nie, en daarom sal ons verder met ons regspan deur hierdie saak gaan,” het hy bygevoeg.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.