Central SA
Wegholveldbrand suid van Bloemfontein onder beheer─── 11:22 Wed, 17 Aug 2022
Die wegholveldbrand, wat by Tierpoort langs die N6 suid van Bloemfontein gewoed het, is uiteindelik onder beheer.
Sommige voorbrande word steeds plaas ter wille van voorkomende brandbane. Opruiming het egter begin, volgens Johann Breytenbach van Mangaung se Sambreelbrandbeskermingsvereniging.
Breytenbach sê daar is 'n hoë risiko dat die veldbrand weer kan opvlam as gevolg van die veranderende windrigtings, met 'n moontlike windspoed bo 20km/h wat kan veroorsaak dat die brand in ’n die suidelike rigting versprei. Die brandgevaar bly dus hoog, veral op die suidelike brandlyne, waarsku hy.
LEES OOK: Brand suid van Bloemfontein reeds oor 15 plase, eis talle diere
Lede en vrywilligers van Mangaung se Sambreelbrandbeskermingsvereniging in die Vrystaat, Working on Fire, Mangaung Fire and Rescue, en die departement van Paaie en Vervoer het almal hulpbronne aangebied. Die Risk Management Society (RIMS) het bystand verleen vir verkeersbestuur, terwyl 'n private sekuriteitsmaatskappy beeldmateriaal verskaf het om die omvang van die brand te bepaal.
Ná ‘n gesamentlike poging om lewens te red, die omgewing te beskerm, en skade en verlies aan eiendom te beperk, bedank die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging almal wat betrokke was om die veldbrand te bekamp..
OFM-nuus/Bambatha Giko
