On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-polisie beskuldig dat hulle voete sleep ná moord op amptenaar

───   07:30 Sun, 11 Sep 2022

Kimberley-polisie beskuldig dat hulle voete sleep ná moord op amptenaar | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Kimberley word daarvan beskuldig dat hulle hulle voete sleep met die moord-ondersoek van die 56-jarige amptenaar van die Noord-Kaapse Departement van Sport, Kuns en Kultuur, Chareen Augustine.

Augustine se liggaam is op 20 Augustus vanjaar deur 'n familielid in haar huis in Stamfordstraat in Kimberley gevind. 

Drie weke het sedertdien verloop sonder enige inligting of inhegtenisname.

Beverley Samuels sê dis onaanvaarbaar aangesien Augustine 'n slagoffer van geslagsgebaseerde geweld gedurende Vrouemaand was, en indien die polisie niks sê nie, haar dood net weer een van die statistieke gaan word. 

Sy sê ondanks die inligting oor 'n moontlike verdagte wat aan die polisie oorhandig is, is niemand nog aangekeer nie. 

Die departement verskaf intussen berading aan die oorledene se dogters, met haar naaste familie wat in onder meer Gauteng, Pretoria, Bloemfontein en Saldanhabaai woonagtig is.

Kolonel Sergio Kock van die SAPD in Kimberley was nie by navraag vir kommentaar beskikbaar nie.  

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.