On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 80% van die land se rosyne van Oranjerivier-streek afkomstig

───   07:00 Sat, 24 Sep 2022

Meer as 80% van die land se rosyne van Oranjerivier-streek afkomstig       | News Article
FOTO: Carpe Diem Raisins/Facebook.

Die innoverende uitdroogmetode van Suid-Afrikaanse rosyntjies dra daartoe by dat die aanvraag na rosyntjies van die Oranjerivier-streek, wêreldwyd toeneem.

Die Sultana, wat by Upington in die Noord-Kaap en verder langs die Oranjerivier gedroog word in rake, is een van die soorte in aanvraag.

Dié rosyne word toegelaat om op ‘n natuurlike manier te droog om die goue kleur waarvoor hulle bekend is, te kry.

LEES OOK: Rosyntjieboere pluk die vrugte van hul produksie

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Grondsake en Landelike Ontwikkeling se LUR, Mase Manopole, sê die hulp aan veral opkomende wingerdboere langs die Benede Oranjerivier werp nou vrugte af, en dit is sigbaar vanweë die aanvraag wêreldwyd.

Manopole het tydens ‘n besoek aan die Blocusco Trust buite Upington, waarvan die gemeenskap die eienaars is, gesê die model is van kardinale belang en moet behoue bly vir die groei van die rosyntjiebedryf.

Intussen sê Raisins SA se Ferdie Botha dat die bedryf se bydrae tussen 10% en 11% van die wêrelduitvoere beslaan, met 90% van die plaaslike produk wat na die internasionale mark gestuur word. Hy sê die welvaart van die Oranjerivier se bydrae is massief.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.