On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 23 Sep 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.

Sien onderstaande PODCAST

Hertzogville is die mees onlangse gebied in die Vrystaat waar positiewe bek-en-klouseer-gevalle aangemeld is. Dit is bykomend tot huidige bek-en-klouseer-uitbrake in Viljoenskroon, Marquard, Bethlehem en Harrismith. Die Vrystaatse Departement van Landbou sê dié onlangse uitbreking is onder sy aandag gebring ná 'n onsuksesvolle poging van 'n produsent van Hertzogville om deel te neem aan 'n veeveiling wat in Christiana in die Noordwes plaasgevind het. Die departement sê daar is vasgestel dat die diere wat na die veiling geneem sou word, tipiese tekens van die siekte getoon het. Die diere is daarna na die plaas van oorsprong in die Vrystaat teruggestuur, en die plaas is onder kwarantyn gesit.

‘n Ontleding om die samestelling van die slik te bepaal wat tans dele van Jagersfontein bedek, word deur die Universiteit van die Vrystaat voortgesit. Hierdie ontleding volg nadat ‘n slikdam van ‘n myn in daardie omgewing gebreek het en groot verwoesting tot gevolg gehad het. Slik kan beskryf word as ‘n baie fyn mineraal-afval wat spesiek met myne geassosieer word. Dr. Robert Hansen, direkteur van die Sentrum vir Minerale Biogeochemie by die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik dat slik wissel van minder skadelik tot meer skadelik, afhangende van watter tipe myn dit afkomstig is. Dr. Mariana Erasmus, die vise-direkteur van die Sentrum vir Minerale Biogeochemie by die Universiteit van die Vrystaat, voeg verder by dat grondrehabilitasie tyd kan neem.

Geen swaar reën word vir September voorspel nie. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê swaar reën word wel vir Oktober en veral vir November, Desember en Januarie voorspel. 

EN

Die toename in beurtkrag ondermyn voedselproduksie in Suid-Afrika. Dit is volgens Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou. Hy sê die organisasie se lede is bekommerd oor die impak van beurtkrag op landbouers se produksievermoë. Armour se kommer volg nadat Eskom onlangs fase 6 beurtkrag moes implementeer ná die uitskakeling van 'n opwekkingseenheid elk by sy Kusile- en Kriel-kragstasies. Armour sê dit veroorsaak egter dat landbou aktiwiteite vir groot dele van die dag tot stilstand gebring moet word. Vrystaat Landbou het intussen 'n voorlegging aan NERSA gedoen in teenkanting met Eskom se 32%-prysverhoging versoek wat hy van 1 April 2023 af wil begin implementeer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.