On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Damme se sluise oop ná baie reën

───   05:10 Mon, 14 Nov 2022

Damme se sluise oop ná baie reën | News Article
Vaal Dam.

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) sê die onophoudelike reën oor die naweek het veroorsaak dat talle damme tot volle kapasiteit opgevul het, wat die oopmaak van sluise genoodsaak het.

Die departement se Sputnik Ratau het aan die SAUK verduidelik dat “die verwagte invloei van die reën in die opvangsgebiede die damvlakke sal verhoog en daarom is dit vir ons belangrik om die infrastruktuur te beskerm.

Die Hartbeespoortdam het ook volle kapasiteit bereik en begin oorloop. Ratau het diegene wat stroomaf woon, gewaarsku om versigtig te wees.

"Inwoners moet hul lewens en hul lewensbestaan beskerm, of deur pompe uit die pad van die water te verwyder of laagliggende gebiede te ontruim.  Wees ook op die uitkyk vir boodskappe van die nooddienste," sê Ratau. 

SABC


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.