On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Adriaan Vlok onthou as ‘nederig, vriendelik’

───   BAMBATHA GIKO 13:26 Thu, 12 Jan 2023

Adriaan Vlok onthou as ‘nederig, vriendelik’ | News Article
PHOTO: AFP

Oud-kabinetkollegas onthou Adriaan Vlok as vriendelik en verwelkomend.

Dié Oudminister is Sondag 8 Januarie 2023 in die ouderdom van 83 jaar oorlede in Centurion, Pretoria.

LEES OOK: Rouklaers kom aan vir Adriaan Vlok se troosdiens.

Hy was Minister van Wet en Orde vanaf 1986 in die kabinet van wyle oudpres. P.W. Botha tydens die apartheidera. Wyle oudpres. F.W. de Klerk het deels toegegee deur hom Minister van Korrektiewe Dienste te maak in 1991.

Oudminister Leon Wessels, wat saam met hom in die kabinet was, het gesê: “Hy was ‘n geweldige vriendelike, opgewekte mens. Dit was altyd lekker om in sy geselskap te wees. Hy was so verwelkomend. Met ander woorde, hy het jou ontvang met groot blydskap wanneer jy in sy geselskap in gekom het.”

Intussen het Max du Preez aan Netwerk24 gesê hy onthou die oudminister as ‘n man onder wie se politieke beheer die polisie buite die wet opgetree het deur hulle aan martelings, ontvoerings en teregstellings skuldig gemaak het.

Du Preez vertel egter verder dat hy verkies om Vlok as die nederige ‘boetvaardige oubaas’ te onthou ná sy dood. Dit, nadat Vlok hom in Kaapstad besoek het om vergifnis te vra vir wat sy manne aan hom gedoen het, en selfs sy voete gewas het.

In 1996 het hy verskoning gevra vir ’n aantal dade wat hy nie by die WVK bely het nie. In ’n dramatiese gebaar het hy die voete gewas van eerw. Frank Chikane, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. 

In 1999 het die Waarheids- en Versoeningskommissie amnestie aan hom toegestaan nadat hy die enigste minister uit die apartheidsera was wat erken het hy was skuldig aan kriminele bedrywighede.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.