On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Moordverhoor van vyfjarige begin

───   10:43 Wed, 22 Mar 2023

Moordverhoor van vyfjarige begin | News Article

Die verdagte in die moordsaak van die vyfjarige Sharné Basson van Alheit in Kakamas, verskyn vandag in die landdroshof terwyl nie-regeringsorganisasies buite betoog en die burgemeester van Kai Garib vir 'n swaarder gevangenisstraf vra.

Dié moordverhoor het vanoggend begin terwyl nie-regeringsorganisasies asook gemeenskapsaktiviste en die burgemeester van die Kai Garib-munisipaliteit, Marshall Matthys, vreedsaam buite die hof betoog. 


LEES OOK: Publiek se hulp gevra om 5-jarige op te spoor

Die 37-jarige Jan Heyns word van haar moord beskuldig en is in hegtenis geneem kort nadat die polisie op haar liggaam afgekom het.

LEES OOK: Man arrested for the murder of a minor

Matthys sê die manier hoe misdaad teen vroue en kinders gepleeg word ondanks miljoene rande wat op bewusmaking hieroor bestee word, wek erge kommer veral omdat die gemeenskap so klein is en almal letterlik almal ken. 

Hy sê die landdroshof moet seker maak dat enige oortreder (geweld of moord) nooit weer toegelaat moet word om tussen mense te kom nie. Hy sê die moord op die kleuter was onmenslik. 

Sy het op 4 November 2022 vermis geraak kort nadat sy en maatjies by ‘n winkel in Alheit gesien is. ‘n Grootskaalse soektog is die volgende dag van stapel gestuur.

Die verdagte wat in aanhouding is, het nie om borgtog aansoek gedoen nie. Die verhoor duur tans voort. 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.