On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Hof vonnis onwettige immigrante oor perlemoen, omkopery

───   05:41 Tue, 28 Mar 2023

Hof vonnis onwettige immigrante oor perlemoen, omkopery | News Article

Twee mans het Vrydag 23 Maart in die Kroonstad-streekhof verskyn waar hulle skuld beken het op die besit van perlemoen, korrupsie en die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Sabriye Huseike (28) en Osman Abdulkarim Jama (45) is in Februarie deur lede van die Kroonstad-hoofwegpolisie op die N1 tussen Ventersburg en Kroonstad voorgekeer, nadat die polisie agterdogtig geraak het oor die bakkie met die twee beskuldigdes daarin.

Volgens ‘n verklaring het die polisie die bakkie voorgekeer en versoek om dit te deursoek, waarna die mans die polisielede R10 000 aangebied het om dit nie te doen nie.  

Tydens die soektog het die polisie bokse met gedroogde perlemoen daarin ontdek, waarna die twee mans in hegtenis geneem is.

LEES OOK: Reddersburg police bust man for 16 bags of abalone

Die saak is aan die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in Welkom oorhandig vir verdere ondersoek.

Ná 'n reeks hofverskynings het die hof Huseike 'n boete van R20 000 of vyf jaar gevangenisstraf opgelê vir die besit van perlemoen. Op die aanklag van korrupsie is hy 'n boete van R10 000 of vyf jaar gevangenisstraf opgelê. Hy is ook tot drie maande gevangenisstraf gevonnis vir die oortreding van die Wet op Immigrasie wat geheel en al vir vyf jaar opgeskort is.

Jama is ‘n boete van R20 000 of vyf  jaar gevangenisstraf opgelê vir die besit van perlemoen.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.