On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Soektog duur voort ná ontvoering in Noordwes; saak uitgestel

───   ZENANDE MPAME 10:30 Tue, 11 Jul 2023

Soektog duur voort ná ontvoering in Noordwes; saak uitgestel  | News Article
Die soektog na Deon Nel en sy Mazda Drifter duur voort. Foto: Twitter

Twee verdagtes wat Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn het weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere, wat aan 'n slagoffer van 'n beweerde ontvoering behoort het, is tot 17 Julie 2023 uitgestel en hulle bly in aanhouding.

“Ons kan nie in hierdie stadium hul identiteit bekend maak nie weens die sensitiwiteit van die ondersoek,” het Noordwes-polisiewoordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone, gesê.

Die verdagtes is Vrydag (7/7) in 'n huis in Randlespark, Klerksdorp, aangekeer.

Verskeie polisiëringseenhede en amptenare van private sekuriteitsmaatskappye het leidrade ontvang wat hulle na die huis gelei het.

Die span was besig om te kyk na die ontvoering van Deon Nel (30), wat glo op (6/7) in Wolmaransstad ontvoer is. Nel het nie teruggekeer huis toe nie nadat hy na 'n nabygeleë kroeg gegaan het.

’n Ondersoek na ’n vermiste persoon is geopen, maar ná ’n losprys-eis is die ondersoek na een van ontvoering verander.

LEES OOK: Gesteelde goedere behoort aan slagoffer van ontvoering; twee in hof

Nel se goed, wat 'n horlosie, klere, hoed, bankkaart, identiteitsdokument en selfoon ingesluit het, is in die huis gevind, wat gelei het tot 'n soektog en die inhegtenisneming van twee verdagtes. Bloedvlekke is ná verdere ondersoek in die huis gekry.

Ondersoeke na die voorval duur steeds voort, insluitend 'n soektog na Nel en sy Mazda Drifter.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.