On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Diefstal van waardevolle Mangaung-infrastruktuur neem toe

───   ZENANDE MPAME 15:36 Wed, 30 Aug 2023

Diefstal van waardevolle Mangaung-infrastruktuur neem toe  | News Article
Diefstal en vandalisme van kragtoerusting neem toe in Mangaung. Foto verskaf

“Dit het 'n negatiewe impak op ons as 'n organisasie in terme van koste, sowel as ons vermoë om effektiewe en doeltreffende dienste te kan lewer.”

Enkele voorvalle van kabeldiefstal en vandalisme is vandeesweek in Mangaung aangeteken.
In onlangse voorvalle is tweerigting- en vierrigtingbokse geteiken. Stroombrekers is onder meer uit hierdie kragbokse gesteel.

“Ons glo sterk dat hierdie onlangse misdadige aktiwiteite is om opsetlik van ons toerusting te breek en te steel en dat dit die werk is van die sindikate wat in en om die sakekern van Bloemfontein werksaam is.”

“Dit het 'n negatiewe impak op ons as 'n organisasie in terme van koste, sowel as ons vermoë om effektiewe en doeltreffende dienste te kan lewer. Ons kliënte is gereeld sonder elektrisiteit, veral maatskappye in die sakekern,” sê Lele Mamatu, Centlec-woordvoerder.

’n Tweerigtingboks is onlangs gevandaliseer. Foto: Verskaf

Die jongste voorvalle van diefstal was op die hoek van Markgraaff- en Nelson Mandelarylaan waar 18 stroombrekers gesteel is en tweerigting-/vierrigtingbokse gevandaliseer is.

In President Brand- en Charlotte Maxekestraat is stroombrekers gesteel en 'n tweerigtingboks ook gevandaliseer. Op die hoek van Douglas- en Frazerstraat is Hanley-eenhede gebreek, stroombrekers gesteel en tweerigtingbokse gevandaliseer.

’n Gevandaliseerde tweerigtingboks waaruit stroombrekers gesteel is. Foto: Verskaf

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap van Mangaung, insluitende gemeenskapsforums soos buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums om saam met ons te werk en alle misdadige aktiwiteite van diefstal en vandalisme van elektrisiteitsinfrastruktuur aan owerhede of by die Centlec-bedroglyn te rapporteer,” sê Mamatu.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.