On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Michael ontslaan nadat sy been geamputeer is – VIDEO

───   KAREN VAN DER BERG 08:41 Fri, 08 Sep 2023

Michael ontslaan nadat sy been geamputeer is – VIDEO | News Article
Foto: Nicky Pretorious/ Facebook

“Daar lê steeds ’n baie lang pad vir herstel vir Michael voor. Sy hele lewe het handomkeer verander en ons gaan nou aan al die nuwe uitdagings moet gewoond raak.”

Dit is met gemengde gevoelens dat hulle vandag (Donderdag 7/9), tien weke ná die ongeluk, terugkeer huis toe in Sasolburg.

Nicky en Michael Pretorius. Foto verskaf

So sê Nicky Pretorius, pa van Michael (22), wie se been twee weke gelede net bo sy knie geamputeer is. In die eerste plek is hulle baie bly om Bloemfontein en Pelonomi-hospitaal te verlaat om weer hulle lewe te hervat. Maar aan die ander kant het hulle wonderlike versorging, diens en ondersteuning in die Rosestad gekry en wag daar nou klomp nuwe uitdagings.

Michael Pretorius is opgewonde om huis toe gegaan. Foto: Nicky Pretorius/Facebook

Michael en sy ouer broer Nicky (22) was saam op 28 Junie in ’n motorongeluk. Nicky is die dag ná die ongeluk in die Sasolburg-hospitaal dood. Michael is met verskeie veelvoudige beserings in Pelonomi-hospitaal opgeneem. Hy het sy nek en rug gebreek. Hy het ook altwee sy bene gebreek en het erg gesukkel met bloedtoevoer na sy linkerbeen. Sy linkerbeen is verskeie kere geopereer maar nadat die been ’n baie aggressiewe infeksie weens ’n superkiem opgedoen het, is die been geamputeer.

“Daar lê steeds ’n baie lang pad vir herstel vir Michael voor. Sy hele lewe het handomkeer verander en ons gaan nou aan al die nuwe uitdagings moet gewoond raak,” sê hy. Michael moet ook nou met die verwerking van die sy broer se dood begin. “Hulle het soos ’n tweeling groot geword en het alles saam gedoen. Dit gaan baie swaar wees vir ons om aan ons nuwe realiteit sonder hom, gewoond te raak.”


Nickey sê hulle het uitstekende diens in Bloemfontein gekry. Die gemeenskap se ondersteuning was ongelooflik en ons wil graag net almal bedank.”

Michael gaan nou herstel en dan binne die volgende paar weke sal daar begin word met die proses om vir hom ’n prostese te laat maak.

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.