On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek ná vliegongeluk by Bloemfontein ‘kan maande duur’

───   LUCKY NKUYANE 11:00 Sun, 22 Oct 2023

Ondersoek ná vliegongeluk by Bloemfontein ‘kan maande duur’ | News Article
’n Voorbeeld van ’n Beech S35 Bonanza.

“Sou ’n kritieke veiligheidskwessie geïdentifiseer word, sal die AIID dringende aanbevelings aan die relevante partye doen sodat toepaslike stappe ingestel kan word om ‘n herhaling te voorkom.”

Die ondersoek ná die noodlottige ongeluk van ’n ligte vliegtuig wat by die Bram Fischer Internasionale Lughawe in Bloemfontein plaasgevind het, kan tot 12 maande duur. 

Twee mense het Saterdagoggend (21/10) in ’n ligte vliegtuig naby die internasionale lughawe neergestort. Een mens is op die toneel dood terwyl die ander mens na ’n plaaslike hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg. 

Volgens die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid, Sisa Majola, is hul Ongevalle-en-voorval-ondersoekafdeling (AIID) ingelig oor die noodlottige ongeluk waarin ’n Beech Bonanza Vastevlerkvliegtuig betrokke was.

Majola het gesê die AIID-span is na die terrein gestuur om bewyse in te samel wat die grootte, sowel as die omvang van die ondersoek sal bepaal sodra meer inligting beskikbaar is.

“ ’n Voorlopige verslag sal binne 30 dae vanaf die dag van hierdie ongeluk uitgereik word. Daar was twee insittendes, een is noodlottig beseer en die ander een het ernstige beserings opgedoen, terwyl die vliegtuig self met impak en ná ’n brand vernietig is,” het hy gesê.

Majola het gesê dit is noodsaaklik om daarop te wys dat ondersoeke in grootte en kompleksiteit verskil en tot 12 maande kan neem om te voltooi.

"In gevalle waar 'n ondersoek langer as twaalf maande neem om te voltooi, sal die AIID 'n tussentydse verklaring uitreik om die vordering aan te dui wat tot op daardie stadium van die ondersoek gemaak is. Sou ’n kritieke veiligheidskwessie geïdentifiseer word, sal die AIID dringende aanbevelings aan die relevante partye doen sodat toepaslike stappe ingestel kan word om ’n herhaling te voorkom,” voeg Majola by.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.