On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap se paaie kort dringend aandag

───   HEIDRÈ MALGAS 10:27 Wed, 15 Nov 2023

Noord-Kaap se paaie kort dringend aandag | News Article
Foto: AfriForum

“Inwoners wat daagliks hierdie paaie gebruik, moet meer betaal vir die instandhouding van hul eie voertuie en dit maak hulle bekommerd oor hul veiligheid.”

Die toenemende agteruitgang van die infrastruktuur van die paaie in die Noord-Kaap is ’n veiligheidsrisiko. Werner Strauss, distrikskoördineerder vir die Kalahari-streek by AfriForum, sê die swak toestand van die paaie het ’n aansienlike invloed op die inwoners en hul finansiële situasie. 

“Die verslegting van die paaie in die Noord-Kaap het die AfriForum-takke in die provinsie genoop om ’n dringende vergadering met die Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke aan te vra,” sê hy.

AfriForum het ’n brief aan Fufe Makatong geskryf, die Noord-Kaapse lid van die uitvoerende raad wat verantwoordelik is vir paaie en openbare werke, en hulp aangebied om gebiede te identifiseer om die veiligheid en lewensgehalte van inwoners te verbeter.

Werkers vul slaggate in Kimberley. Foto: https://kimberley4kimberley.co.za/

Hy sê AfriForum sal op dié vergadering oplossings en die inwerkingstelling daarvan voorstel.

“Inwoners wat daagliks hierdie paaie gebruik, moet meer betaal vir die instandhouding van hul eie voertuie en dit maak hulle bekommerd oor hul veiligheid,” sê Strauss.

Die plaaslike toerismebedryf en klein ondernemings ly daaronder wanneer paaie nie behoorlik in stand gehou word nie. Besoekers wil nie die gevaar loop om hul voertuie te beskadig op die paaie nie. 

Dit is noodsaaklik om planne te ontwikkel om die paaie behoorlik te herstel, sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Mediaverklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.