Central SA
Bloem-transitorooftog: 5 van 6 beskuldigdes bly agter tralies─── ZENANDE MPAME 14:34 Fri, 08 Dec 2023
“Die mans word aangekla van roof, poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”
Die ses transitorowers het Donderdag (7/12) in die landdroshof in Bloemfontein vir hul borgtogaansoek verskyn. Vyf van die ses is borgtog geweier en bly in aanhouding.
Thabo Hlopho (38), Victor Mokoena (37), Mpho Dlamini (40), Jabulane Banda (44) en Tshepo Maleka (39) is almal borgtog geweier.
“Beskuldige nommer vier, Boitshoko Kenosi (45), is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hul volgende hofverskyning is op 6 Februarie 2024,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.
“Die mans word aangekla van roof, poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”
‘Vyf is borgtog geweier en bly in aanhouding’
In die Vrystaat is een transitorooftog in die tweede kwartaal aangemeld en die meeste steeds in Gauteng. Volgens die polisie se misdaadstatistieke vir 2023 is geen voorval in die Noord-Kaap aangemeld en vier in Noordwes. Die Vrystaat word ook genoem in rooftogte waar oortreders die veiligheidswagte gedreig en skote afgevuur het.
Dié ses transitorowers het Maandag (13/11) ’n geldwa op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat in Hamilton, Bloemfontein, beroof. Hulle is ure later naby Bothaville in hegtenis geneem.
‘Die beskuldigdes het in November ’n geldwa beroof’
Hulle het die geldwa voorgekeer, die veiligheidswagte ontwapen en gevlug met ’n onbekende hoeveelheid geld. In die proses is drie skote op die voertuig van Batho se sigbare polisiëringseenheid afgevuur. Die bestuurder is nie in die skietery beseer nie.
OFM News/Zenande Mpame dg/cg

