On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Kroonstad-raadslid weer môre in hof op aanklag van verkragting

───   ZENANDE MPAME 06:00 Wed, 20 Dec 2023

Kroonstad-raadslid weer môre in hof op aanklag van verkragting | News Article
Foto: OFM News

“Die lid van die burgemeesterskomitee se beweerde optrede ondermyn die geloofwaardigheid van pogings om vroue en kinders in Moqhaka te beskerm.”

’n Kroonstadse raadslid wat van verkragting beskuldig word, kom Woensdag (20/12) voor in die landdroshof op Viljoenskroon vir uitspraak in sy borgaansoek.

Die saak is ná sy formele borgtogaansoek die afgelope Woensdag (13/12) uitgestel, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder. “Die borgaansoek is met ’n week uitgestel vir ’n beslissing; hy word aangekla van verkragting en bly in aanhouding.”

Daar word beweer dat die vrou op Maandag 4 Desember in die vroeë oggendure ’n saamrygeleentheid gevra het omdat sy hom ken. Die beskuldigde het toe na ’n plaas in die distrik gery en haar glo verkrag.

Die DA, EFF en Rise Mzansi het gesê hulle monitor die hofsaak. “Ons is die stem van die stemloses en ons sal hierdie hofverrigtinge bywoon,” het April Motaung, die EFF se Fezile Dabi-streeksvoorsitter, gesê.

‘Ons monitor die ANC se optrede’

“Ons doen ’n beroep op alle EFF- en gemeenskapslede om Woensdag die hofverskyning by te woon.”

Dit is die beskuldigde se tweede hofverskyning vanjaar nadat hy in Maart in hegtenis geneem is vir aanranding en die oortreding van ’n hofbevel, het DA-rdl. Chris Dalton gesê. “Ons monitor die ANC se optrede aangesien geregtigheid deurslaggewend is vir die onskuldiges sowel as die skuldiges.

“Die lid van die burgemeesterskomitee se beweerde optrede ondermyn die geloofwaardigheid van pogings om vroue en kinders in Moqhaka te beskerm.”

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.