Central SA
‘Profeet’ swyg oor geen ongeluk in Kimberley ná voorspelling─── 13:13 Fri, 16 Feb 2024
“Miskien is die ongeluk voorkom deur die gebede van die gelowiges in Kimberley.”
Geen ongeluk het Donderdag (16/2) in Kimberley plaasgevind ten spyte van “profeet” Sydwell se voorspelling van ’n enorme ongeluk waarin tien motors en twee vragmotors betrokke sou gewees het. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, het bevestig geen so 'n ongeluk is tot dusver in Kimberley aangemeld nie.
Profeet Sydwell is ook stil oor hierdie ongeluk. Ons sal steeds wag om deur hom ingelig te word oor wat met dié ongeluk gebeur het, of miskien is die ongeluk voorkom deur die gebede van die gelowiges in Kimberley.
Daar was gebid by die Revival FM-ateljee vir die stasie en Kimberley
Pastoor Seabi sê hy distansieer hom van Sydwell se voorspellings.
Hy het 1 Johannes 4:1 aangehaal waar dit sê dat mense nie elke gees moet glo nie, maar om die geeste te toets, aangesien daar baie valse profete is wat in die wêreld uitgegaan het.
Hy sê baie manne van God het Kimberley aan die Here opgedra en die stad sal nie deur die ongeluk geraak word nie. “Is daardie gebede nie effektief om die vloeke van die stad te stop nie?”
Ongelukkig is profeet Sydwell nie daar om die vrae te beantwoord nie en het ook nie ’n nommer gelaat vir inwoners om hom weer te kontak nie.
OFM Nuus/James Williams dg
