On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Oranje seëvier weer in Bolandse netbaltoernooi

───   14:51 Tue, 02 Apr 2024

Oranje seëvier weer in Bolandse netbaltoernooi | News Article
Die Oranje Meisieskool se eerste netbalspan. Foto: Facebook

Dit was ’n naelbyteindstryd tussen Oranje en La Rochelle, en hoewel die rustydtelling gelykop was, was die derde kwart deurslaggewend.

Die Oranje Meisieskool se eerste netbalspan het vir die tweede agtereenvolgende jaar geseëvier in die Hoër Meisieskool La Rochelle se Fair Cape-netbaltoernooi in die Paarl.

Die toernooi het van 27 tot 30 Maart by La Rochelle plaasgevind.

Ná hul oorwinning oor Hoërskool Montana van Worcester in die halfeindstryd met 37-24, het Oranje hul plek in die eindstryd teen La Rochelle verseker. Dit was egter die tweede keer wat Oranje vir Montana geklop het nadat hulle vroeër die week ook teen mekaar gespeel het en Oranje 35-25 gewen het.

Die wenspan by die Hoër Meisieskool La Rochelle se Fair Cape-netbaltoernooi in die Paarl. Foto: Facebook

Dit was ’n naelbyteindstryd tussen Oranje en La Rochelle, en hoewel die rustydtelling gelykop was, was dit die derde kwart wat deurslaggewend was, want Oranje het La Rochelle met nege doele teenoor twee doele uitoorlê.

Marguerite Cronjé, kaptein van Oranje, is as die Speler van die Toernooi aangewys.

Oranje het gedurende die toernooi teenstanders soos Parel Vallei (41-13), Kempton Park (35-11), Waterkloof (38-16), Junior Maties (34-30) en Bloemhof (34-28) geklop.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.