On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes gesoek ná transitorooftog by Heidedal – VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 06:45 Sun, 26 May 2024

Verdagtes gesoek ná transitorooftog by Heidedal – VIDEO | News Article
Die toneel van die transitorooftog by Heidedal. Foto verskaf

Die polisie vra die publiek om nie die verdagtes te konfronteer nie aangesien hulle wapens het en as gevaarlik beskou word.

Vermeende transitorowers in Bloemfontein het polisiebeamptes geskiet nadat ’n onbekende bedrag kontant Saterdagmiddag (25/5) uit ’n geldwa naby Lemo Mall, Heidedal, geroof is. Niemand is  beseer nie.

“Verdagtes wat in twee wit Toyota-bakkies en ’n BMW gery het, wat later aan die brand gesteek is, het glo in die geldwa vasgery voordat hulle van die toneel in die rigting van die Heidedal-begraafplaas en die nabygeleë M10 gevlug het,” sê Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder.


Hy sê twee vuurwapens wat aan sekuriteitspersoneel behoort het, is geneem. Hy sê oook dat daar op SAPD-lede, wat in die omgewing was, geskiet is maar dat hulle nie gewond is nie.

Mohobeleli doen ’n beroep op die publiek – indien iemand enige inligting oor die rooftog het, bel speurkaptein Lunga Sitele by 082 697 6023 of besoek die naaste polisiekantoor. Bel Stop Misdaad by 08600 10111 of laat ’n anonieme wenk op die MySAPS-app.

Die polisie vra die publiek om nie die verdagtes te konfronteer nie aangesien hulle wapens het en as gevaarlik beskou word.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.