On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende bedrieër weer later in Kuruman-hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:23 Wed, 26 Jun 2024

Vermeende bedrieër weer later in Kuruman-hof | News Article
Argieffoto

“Die polisie se eiskomitee het ’n betaling van R80 000 aan die informant goedgekeur. Die geld is egter nie in die informant se rekening inbetaal nie.”

’n Man van Kuruman in die Noord-Kaap moet weer op 16 Augustus in die hof verskyn nadat hy Dinsdag (25/6) vlugtig voorgekom het.

Otsile Shadrack Gaegoroge (49) is op borgtog van R1 000 vrygelaat, sê ao. Nomthandazo Mnisi, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Die beskuldigde is Maandag (24/6) in hegtenis geneem as ’n medepligtige in ’n voortslepende bedrog-en-korrupsiesaak.

’n Voormalige kaptein verbonde aan die Valke, Itumeleng Godfrey Nogaga (42), het na bewering in 2021 ’n informant se eis vir ’n beloning van R100 000 ingedien.

“Die polisie se eiskomitee het ’n betaling van R80 000 aan die informant goedgekeur. Die geld is egter nie in die informant se rekening inbetaal nie, maar in Nogaga s’n,” sê Mnisi.

“Die beskuldigde het glo versuim om die volle bedrag van R80 000 aan die informant te betaal. Die beskuldigde het glo net R5 000 betaal, asook R5 000 aan ’n polisiesersant van Kuruman.”

Die verdagte het na bewering die res van die geld vir homself gehou. Ná deeglike ondersoek is sers. Morongonyane Kenny Tshilo (43) ook as medepligtige aangekeer en saam met die hoofbeskuldigde aangekla.

‘Die informant se beloningseis was bedrieglik’

Gaegoroge was aanvanklik ’n artikel 204-getuie, voordat hy deur die vervolgingspan van korrupsie en regsverydeling aangekla is nadat hy glo veranderinge op sy aanvanklike verklaring aangebring het.

’n Ondersoek deur die Valke het aan die lig gebring dat die informant se beloningseis bedrieglik was. “Die sogenaamde informant, die beskuldigde Thuso Mehlo (38) wat na bewering deur die sersant genader is, is ook aangekla vir regsverydeling wat met die hoofaanklag verband hou,” sê Mnisi.

Intussen – in nog ’n bedrogsaak in die Noord-Kaap – hoor ’n mediese dokter van Kimberley, Fabian Royston Tun (55), einde Julie wat sy straf is nadat hy jare lank versuim het om sy belastingopgawes in te dien.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.