Central SA
Damprook ’n kommer vir geestesgesondheidskade─── CHARNÉ VAN DER MERWE 08:31 Thu, 01 May 2025

Damprook word toenemend gewild onder Suid-Afrikaanse tieners ,wat ernstige kommer oor verslawing en geestesgesondheid laat ontstaan.
Tieners glo verkeerdelik dat damprook veiliger is as rook, ten spyte van bewyse tot die teendeel, sê Dr. Nokuthula Mdaka van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters (SASOP).
“ ‘n Nasionale opname oor 52 hoërskole het bevind dat 17.8% van graad 8–12-leerders tans damprook en byna die helfte hiervan binne 'n uur na hulle wakker geword het– 'n aanduiding van nikotienverslawing.” Die opname het ook bewys dat een uit elke vier graad 12 leerders damprook en dit toeskryf as 'n hanteringsmeganisme vir stres.
Nikotien benadeel areas van die brein.
Mdaka sê kenners waarsku dat nikotien, of dit nou van sigarette of damprook is, die adolessente brein aansienlik benadeel, wat aanhou ontwikkel tot ongeveer die ouderdom van 25. Nikotien benadeel areas van die brein wat verantwoordelik is vir leer, gemoedstoestand en aandag.“Dit verhoog ook die risiko‘s vir depressie, angs, gewelddadige gedrag en dwelmmisbruik.”
Hy wys daarop dat baie tieners–en selfs ouers– die gevare van damprook onderskat en sê dat waninligting en aantreklike bemarking daartoe gelei het dat sommige ouers dampmasjiene vir hul kinders koop, onbewus van die risiko‘s. “Selfs ’n nie-nikotien bevattende dampmasjien kan gewoontevormend, wees en lei tot geestesgesondheidsprobleme en verdere dwelmmisbruik.”
Volgens Mdaka, word hierdie verslawing dikwels deur tieners as 'n stresverligtingsinstrument beskou, maar navorsing toon dat dit onderliggende geestesgesondheidsprobleme kan masker of vererger. “Die verhouding tussen damprook en geestesgesondheid is ‘tweerigting– tieners met geestesgesondheidsprobleme kan hulle tot damprook wend, wat die probleme weer kan vererger.
Studies bevestig dat damprook-gebruikers meer geneig is om aan depressie te ly en selfmoordgedagtes te hê, terwyl geestesgesondheid verbeter nadat hulle opgehou het. ”Hy verduidelik dat anders as tradisionele tabak, word damprook-produkte nie beperk deur advertensiewetgewing of verkoopsverbode op onder-18-jariges nie. “
‘Verpakking en geure maak damprook aanloklik’
Bemarking vind veral aan die jeug plaas veral deur sosiale media, beïnvloeders en jeuggerigte geleenthede. Baie damprook-winkels is naby opvoedkundige instellings geleë, wat damprook as deel van die jeugkultuur versterk.“Mdaka sê ook dat die verpakking en geure– soos lekkers, vrugte of nageregte – damprook nog meer aanloklik vir tieners maak.”
“Die maklike beskikbaarheid het gelei tot vroeë nikotienblootstelling, met potensiële langtermyn skade aan leer, breinontwikkeling en verhoogde risiko van verslawing.”
E-damp is nie onskadelik. Foto iStock.
Hy sê nog ‘n bekommernis kom uit 'n Suid-Afrikaanse studie wat ‘n ooreenkoms toon tussen damprook en swak voeding onder 18-34-jariges. “Daar is bewys dat damprookgebruikers meer ongesonde kos en minder vrugte en groente eet en het eerder geld aan damprook bestee in plaas van gesonde maaltye. Sommige mense glo ook dat damprook help met met gewigsverlies”
Hoewel damprook as 'n rookstakinghulpmiddel bemark word, sê Mdaka dat hierdie bewering misleidend is. “Die 2022 Suid-Afrikaanse E-Sigaret-opname het bevind dat 19% van e-sigaretgebruikers sonder 'n vorige rookgeskiedenis begin rook het na die gebruik van e-damp, terwyl slegs 13% opgehou rook het deur middel van e-damp”
“E-damp is nie onskadelik nie. Die aërosol bevat skadelike chemikalieë en gifstowwe wat die longe, senuweestelsel en ander organe kan beskadig– selfs in nikotienvrye produkte. Ten spyte van bemarkingsbewerings dat dit ‘net waterdamp’ is, toon studies dat die aërosol skadelike stowwe bevat, op vlakke wat dikwels dié in sigarette oorskry” sê Mdaka.
OFM Nuus lh