On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse studente staak weens NSFAS, verblyfbetalings

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:33 Mon, 12 May 2025

Noord-Kaapse studente staak weens NSFAS, verblyfbetalings | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Studente in die Noord-Kaap sal na verwagting Dinsdag (13/5) oor voortgesette vertragings in die uitbetaling van NSFAS-toelaes en laat huurbetalings aan verhuurders.

Die Northern Cape Urban TVET-kollege bevestig in ’n verklaring van die studenteraad (SR) studenteleiers het reeds verskeie beraadslaag met belanghebbendes oor die voortdurende betalingsprobleme. 

Geen bevredigende antwoorde is nog verskaf nie. 

“Ons is in hierdie penarie van NSFAS-toelaes. As die studenteraad het ons julle griewe aangehoor en ons staan in solidariteit met alle studente van NCU TVET Kollege,” sê die raad.

Vinnige oplossing geëis

Die SR versoek studente om te verenig in ’n vreedsame optog na die kollege se sentrale kantoor om verantwoording en ’n vinnige oplossing vir die betalingsprobleme te eis.

Hulle beklemtoon die optrede gaan nie net oor finansiële probleme wat student ervaar nie, maar ook oor die skade wat aan hul verhoudings met verhuurders aangerig is en die toenemende probleme om goeie verblyf te bekom. Studente word aangemoedig om die staking met dissipline en waardigheid uit te voer.

Die staking sal na verwagting breër nasionale aandag vestig op kwessies rondom die NSFAS, wat landswyd onder intense ondersoek is vir vertragings in die verspreiding van toelaes.

Die kollege het by navraag aan OFM Nuus gesê dat ’n formele reaksie op die bewerings binnekort uitgereik sal word.

Wat is NSFAS?

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) is ’n Suid-Afrikaanse regeringsprojek wat finansiële bystand bied aan in aanmerking komende studente by openbare universiteite en TVET-kolleges. 

NSFAS dek klasgeld, verblyf en lewenskoste, met die doel om hoër onderwys toeganklik te maak vir studente uit lae-inkomste huishoudings. Onlangse probleme met betalingsvertragings het egter protes en kritiek regoor die land ontketen.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.