On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste Vrystaatse tiener ná byna twee weke gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:36 Sun, 18 May 2025

Vermiste Vrystaatse tiener ná byna twee weke gevind | News Article
Deidra Bonolo Seitheiso is ná byna twee weke gevind. Foto verskaf

'n Meisie van die Noord-Vrystaat wat vir byna twee weke vermis was, is gevind.

Deidra Bonolo Seitheiso (16), 'n gr. 9-leerder van die Hoërskool Parys wat sedert 1 Mei vermis was, is Saterdag (17/5) veilig en ongedeerd gevind. Sy is laas by 'n vulstasie op die dorp gesien.

Volgens haar ma, Adri, is sy in Randburg in Johannesburg gevind danksy die toegewyde werk van polisielede wat die afgelope twee weke na haar gesoek het. OFM Nuus het voorheen berig dat Adri Maandag (12/5) boodskappe van haar dogter ontvang het waarin sy om verskoning gevra het vir wat aangaan en gesê het sy is verward en weet nie waar sy is nie. 

"My dogter het vir my gesê dat sy vir ongeveer 'n week nie geweet het waar sy is nie, maar dat iemand met die naam Sammy haar help," het Adri voorheen aan OFM Nuus gesê.

Die boodskap wat Adri Sondag gekry het. Foto verskaf

Sy het ook haar dogter Maandag gevra om vir haar ’n ligging te stuur sodat sy haar kan gaan haal. Sy het ook gesê dat Deidra regtig verward is, “want sy dink sy kom vandag (Dinsdag) huis toe.”

Tydens haar verdwyning het Seitheiso vermoed dat haar dogter deur 'n mensehandelsindikaat ontvoer is. Sy het ook vertel wanneer hulle meer inligting van haar probeer kry, het sy stil geword en haar foon word weer afgeskakel, so ons kon nie meer uitvind nie.

Deidra Bonolo Seitheiso. Foto verskaf

Adri het Sondag 'n Engelse boodskap van haar dogter se foon ontvang maar sy dink nie dit was van haar af nie. Hulle praat Afrikaans by die huis en kommunikeer nooit in Engels nie. “Ek kon dadelik agterkom toe ek die boodskap lees dat dit vreemd geklink het. In die Afrikaanse sin het sy sommige van die woorde verkeerd gespel. Dis buite die kwessie want sy gaan na 'n Afrikaanse skool.”

Volgens Josephine Rani, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is geen verdere inligting bekend oor waar Deidra was nie.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.