On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus versigtig optimisties oor dalende misdaadsyfers

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:31 Fri, 23 May 2025

VF Plus versigtig optimisties oor dalende misdaadsyfers | News Article
Wouter Wessels. Foto: VF PLus

Hoewel misdaadsyfers ’n ál rooskleuriger prentjie begin skets, bly die moord- en verkragtingsyfer steeds van die hoogste ter wêreld.

Dit is ook opvallend dat die misdaadsyfers ’n toenemend beter prentjie begin skets sedert die nuwe polisieminister, Senzo Mchunu, die besem in die hand het, sê Wouter Wessels, VF Plus-hoofwoordvoerder oor polisie.

Mchunu is sedert Julie verlede in die amp en onder hom is daar gewis ’n verbetering in die statistieke, meen die party.

Suid-Afrika se jongste misdaadsyfers vir die vierde kwartaal van die 2024/25-boekjaar, wat die tydperk van 1 Januarie tot 31 Maart dek, is Vrydag (23/5) deur Senzo Mchunu, minister van polisie, bekendgemaak.

Moordsyfer is sowat 44 per 100 000 van bevolking

“’n Mens raak nie te vinnig optimisties wanneer jy in ’n klein bootjie in ’n see van misdaad ronddobber nie. Nogtans is die goeie nuus vir Suid-Afrika dat dit lyk of daar oplaas nie nuwe lekplekke aan die skuit is nie,” sê Wessels.

Die moordsyfer in Suid-Afrika is sowat 44 per 100 000 van die bevolking, vergeleke met ’n wêreldwye gemiddeld van ses per 100 000.

In die eerste drie maande van vanjaar is 5 727 mense vermoor. Dit is 809 minder as in die ooreenstemmende tydperk ’n jaar tevore, maar steeds sowat 64 per dag, oftewel bykans vier mense elke uur, dag en nag.

Gevreesde trio-misdade neem skerp af

Vrydag se misdaadstatistieke toon ’n skerp afname in alle kategorieë misdaad teenoor ’n jaar gelede.

Kontakmisdaad is met gemiddeld 5,8% af. Dit sluit in moord (-12,4%), poging tot moord (-5,8%) en roof met verswarende omstandighede (-10,4%). Verkragting is effe op met 0,3% terwyl seksuele aanranding met 0,2% af is.

Wessels sê die goeie nuus is ook dat die gevreesde trio-misdade (rooftogte by huise, rooftogte elders en motorkaping) skerp afgeneem het met gemiddeld 12,1%. Onderskeidelik is motorkapings af met 15,1%, roof by woonhuise met 0,4% en roof elders met 23,4%.

“Ander noemenswaardige afnames is transitorooftogte (vyf gevalle minder), vragmotorkaping (-21,6%), diefstal (nie by wonings) is af met 12,2%, diefstal by wonings is af met 7,6% en diefstal van motors en motorfietse is 9,1% minder.”

Hy sê hulle verwelkom ook die nuus dat veediefstal luidens die statistieke ’n afname van 8,9% toon teenoor begin verlede jaar.

LEES OOK: Misdaadstatistieke – Moord neem toe in Noord-Kaap

“Dit is daarom jammer dat die minister vandag besluit het om vir die eerste keer ras te voeg by die twee plaaseienaars en ander persone wat in landelike omgewings vermoor is.”

Volgens Wessels is buiten die twee boere, twee werkers, een bewoner en ’n plaasbestuurder vermoor. “Net die bewoner was wit. Wat amptelike statistieke aanbetref, is dit voorheen nooit nodig geag om kleur te heg aan plaasmoorde en -aanvalle nie.“

Hy sê dit is voorts vir die VF Plus skokkend dat daar voor en ná vandeesweek se gesprek tussen president Donald Trump en Cyril Ramaphosa vanuit verskeie oorde pogings opduik om die omvang en wreedheid van plaasmoorde te versag.

“Reeds in 1998 was plaasaanvalle so ’n groot probleem dat die regering vir kommissaris Suiker Brits van die polisie opdrag gegee het om dit te ondersoek en ’n verslag daaroor saam te stel,” waaroor Rapport op 16 Augustus daardie jaar berig het.

LEES OOK: North West sees surge in kidnapping cases

In die ondersoek is bevind dat daar geen georganiseerde gronde gevind kon word nie. Oor opruiende uitsprake soos “Kill the Boer, Kill the Farmer”, het hy nogtans aanbeveel dat oorsake soos rassisme en ideologie ondersoek moet word. Dit is nooit gedoen nie.

Wessels sê die werklikheid van plaasaanvalle kan nie ontken word nie. “Die VF Plus volstaan steeds by sy jare lange pleidooi dat dit tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.