On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Saak van Vanderbijlpark-ma, sangoma uitgestel

───   ZENANDE MPAME 15:10 Mon, 02 Jun 2025

Saak van Vanderbijlpark-ma, sangoma uitgestel | News Article
Saak van Vanderbijlparkse ma, sangoma uitgestel. Foto verskaf

Die saak van die Vanderbijlparkse ma, wat na bewering haar tweejarige verkoop het en die sangoma aan wie sy haar glo verkoop het, is tot Donderdag (5/6) uitgestel om die sangoma kans te gee om om regshulp aansoek te doen.

Sebokoana Khoanyane (50) van Lesotho het Maandag in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn op aanklagte van moord met voorbedagte rade en mensehandel. 

Intussen is ’n klag van moord met voorbedagte rade ook teen die ma, Keneiwe Shalaba (33), gevoeg. Shalaba is reeds in die gesig gestaar deur aanklagte van mensehandel, sameswering om ’n misdaad te pleeg, en die maak van ’n valse verklaring by die polisie.

Khoanyane is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy die polisie na ’n vlak graf langs Waterpanweg naby die R28 op Bekkersdal geneem het waar die oorskot van ’n peuter ontdek is.

“Die staat is van plan om sy borgtog teen te staan,” sê Lumka Mahinjana, Gautengse NVG-woordvoerder. “Die hof het vroeër reeds borgtog vir die ma geweier. 

“Khoanyane het gebieg en die plek aan die polisie uitgewys waar die kind begrawe is.”

Kutlwano Shalaba was ’n dogtertjie. Foto verskaf

Na bewering het die ma in November verlede jaar haar kind na die sangoma geneem en hom gevra om die kind dood te maak omdat sy ongelukkig was met haar geslag en moeg was om dit vir haar familie weg te steek.

Kutlwano Shalaba was ’n dogtertjie. Volgens bewerings het Keneiwe haar kind gif gevoer, en ná haar dood het sy en die sangoma glo saam die liggaam geneem en in ’n vlak graf in Waterpan begrawe, sê Mahinjana.

Die oorskot was vermoedelik dié van Kutlwano, maar die polisie in Gauteng wag op DNS-analise om die identiteit van die lyk te bevestig. Die peuter is aanvanklik in November deur haar ma as vermis aangemeld.

LEES OOK: Vaal-ma verkoop kleuter glo vir R75 000

Tydens die ondersoek het die polisie vasgestel dat die ma by haar kind se verdwyning betrokke was. Sy is sedertdien in aanhouding, en het in Februarie tweelinge in die korrektiewe fasiliteit in die wêreld gebring.

Kutlwano het in November weggeraak toe haar ma beweer het drie mans het haar van haar rug afgeruk en in ’n silwer VW Polo gevlug. Drie dae later het sy die voorval by die Boipatong-polisiekantoor as ’n ontvoering aangemeld.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.