On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes slaggereed vir skole se heropening

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:20 Tue, 22 Jul 2025

Noordwes slaggereed vir skole se heropening | News Article
Leerders is terug skool toe. Foto: Facebook/North West Education

Noordwes se onderwysdepartement sê hy het alle nodige voorbereidings getref om te verseker dat openbare skole sonder voorval heropen, insluitend infrastruktuur, leerders-onderwysers-ondersteuningsmateriaal, leerdervervoer en skoolvoedingsprogramme.

Skole dwarsoor Suid-Afrika het Dinsdag (22 Julie) heropen nadat leerders van die wintervakansie teruggekeer het.

Hulle is volkome gereed vir die derde kwartaal, sê Mphata Molokwane, onderwyswoordvoerder. Die departement van onderwys is ingenome om sy gereedheid aan te kondig vir die heropening van skole vir die derde kwartaal ná die winterblaaskans, sê hy.


Die derde kwartaal is ’n deurslaggewende tyd vir akademiese fokus, veral vir matrieks, wie se eindeksamen nader kom. Die departement het gedurende die vakansie 124 winterkampe aangebied waaraan 31 159 matrikulante deelgeneem het.

Viola Motsumi, LUR vir onderwys, betuig haar dankbaarheid aan almal wat tot die sukses van die winterkampe bygedra het. “Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die skoolhoofde, onderwysers en die Klas van 2025 te bedank vir hul toewyding tydens die winterkampe, terwyl ons die pylvak van die skooljaar binnegaan,” sê sy.

Sy erken ook die rol van ouers en voogde in die vakansie. “Ek bedank ook die ouers en voogde vir die sorg en ondersteuning wat hulle aan jonger leerders gegee het terwyl skole gesluit was. Die derde kwartaal is ’n deurslaggewende tydperk en ons wil dadelik begin werk om prestasie dwarsoor alle grade te verbeter.”

Intussen verwelkom Julia Mabuya, Vrystaatse LUR vir onderwys, leerders, onderwysers en personeel terug by skole. Sy sê tot dusver het 105 skooldae reeds glad verloop met min voorvalle wat leer en onderrig ontwrig het.

Die derde kwartaal in die Vrystaat duur van 22 Julie tot 3 Oktober en bestaan uit 54 skooldae. Mabuya spoor skole aan om die leerplan betyds deur te werk en onderneem om leerderondersteuningsprogramme dwarsoor die provinsie te verskerp sodat geen leerder agterbly nie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.