On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek-polisiemanne wat buitelander afpers dan weer in hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:37 Wed, 06 Aug 2025

Vaaldriehoek-polisiemanne wat buitelander afpers dan weer in hof | News Article
Konst. Gift Mncedi Ntes en konst. Seipati Mofokeng. Foto: SAPD

Twee Gautengse polisiebeamptes wat teregstaan op aanklagte van ontvoering, korrupsie en regsverydeling, sal na verwagting weer op 1 September in die hof verskyn.

Konst. Gift Mncedi Ntes (33) en konst. Seipati Mofokeng (39) het na bewering ’n Chinese burger by die Sharpeville-polisiekantoor aangehou en R3 000 van die slagoffer se familie geëis in ruil vir sy vrylating, sê ao. Thatohatsi Mavimbela, Valke-woordvoerder.

Die verdagtes is Dinsdag (29/7) deur lede van die Valke se ondersoek-eenheid vir ernstige korrupsie in die Vaalrand  in hegtenis geneem en het Vrydag (1/8) in die hof verskyn waarna R 1000 borgtog aan hulle toegestaan is.

“’n Senior polisiebeampte het die saak onder die aandag van die ondersoek-eenheid gebring, en ’n ondersoek is van stapel gestuur. Die direktoraat van openbare vervolging in Pretoria het ’n mondelinge 252A-lokoperasie gemagtig om die transaksie dop te hou.”

Voor die beamptes die volle bedrag kon invorder, is die Valke in kennis gestel dat R1 000 reeds betaal en die slagoffer vrygelaat is,” sê Mavimbela. “Hulle het na bewering die Chinese burger vrygelaat sonder om enige formele rekord van sy inhegtenisneming by die polisiekantoor aan te teken.”

Die verdagtes is Dinsdag (29/7) deur ’n ondersoekspan by die Sharpeville-polisiekantoor in hegtenis geneem. “Hulle kon nie redes verskaf waarom hy aangehou en vrygelaat is sonder behoorlike dokumentasie nie.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.