On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Potchefstromer se saak weer uitgestel ná noodlottige botsing

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:53 Wed, 06 Aug 2025

Potchefstromer se saak weer uitgestel ná noodlottige botsing | News Article
Kobus Huyser en Niel Grobler. Foto: Facebook

Terwyl die naasbestaandes van twee Noordwesters steeds wag vir geregtigheid ná ’n noodlottige motorongeluk, is die saak teen die beweerde oortreder nou vir die sesde keer uitgestel.

Gideon Borstlap (38) van Potchefstroom staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag ná ’n noodlottige motorongeluk in 2019. 

Hy het Maandag (4/8) in die dorp se streekhof verskyn, waar hy op waarskuwing vrygelaat is, sê kol. Adele Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder. Die saak is tot 18 Augustus uitgestel.

Kobus Huyser en Niel Grobler is byna ses jaar gelede oorlede. Foto: Facebook

Kobus Huyser (28) en Niel Grobler (19) was omstreeks 19:00 op 15 Augustus 2019 betrokke in ’n botsing op die hoek van Govan Mbekirylaan en Smitstraat, naby die gholfbaan. Die twee vriende het saam gereis toe Borstlap se voertuig na bewering met hulle s’n gebots het. Albei slagoffers is op slag dood.

Tydens Borstlap se hofverskyning op 29 Mei het die verdediging aangevoer dat hulle meer inligting oor die saak nodig het.

Borstlap het kort ná die ongeluk in die hof verskyn en is daarna op borgtog vrygelaat. Die saak is egter in 2020 geskrap weens die behoefte aan verdere ondersoek. In 2022 het die Groblers en Huysers vir AfriForum genader en hul frustrasie te kenne gegee oor die gebrek aan vordering in die saak.

LEES OOK: Potchefstromer in Augustus verhoor ná noodlottige botsing

Andrew Leask, hoofondersoeker van AfriForum se private vervolgingseenheid, sê hulle het navrae aan die NVG gerig.

“Ná besprekings is besluit om verdere ondersoeke te doen. Ons het aangebied om ’n kenner te voorsien om die toneel te rekonstrueer. Die polisie het toe hul eie kenners betrek en ’n volledige rekonstruksie van die ongeluk voltooi,” sê Leask.

Volgens Leask is die toneelrekonstruksieverslag aan die direkteur van openbare vervolging voorgelê, wat daarna besluit het om Borstlap te vervolg.

Saak van die hofrol verwyder

Myburgh het voorheen aan OFM Nuus gesê dat die vervolgingspan ná Borstlap se aanvanklike inhegtenisneming en die indiening van die dossier by die hof bekommerd was die afwesigheid van ’n onafhanklike ooggetuie wat die saak kon ondersteun.

“Die saak is van die hofrol verwyder. Die polisie het toe deur die plaaslike media ’n beroep gedoen op ooggetuies om na vore te kom. 

“’n Nuwe ooggetuie was bereid om ’n verklaring af te lê. Die dossier is toe na die DOV gestuur, wat besluit het om die saak weer op die hofrol te plaas.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.