On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Laurika
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

NAMPO Alfa 2025: Wat sê die weer?

───   11:43 Wed, 15 Oct 2025

NAMPO Alfa 2025: Wat sê die weer? | News Article
Foto: OFM

Duisende besoekers baan vandeesweek hul weg na Sentraal-Suid-Afrika se grootste lewendehawe-, jag- en buitelewe-ekspo, NAMPO Alfa.

Dié geleentheid vind van 16 tot 18 Oktober op NAMPO Park buite Bothaville plaas, en volgens onafhanklike landbouweerkundige, Johan van der Berg, kan besoekers na oorwegend gunstige toestande uitsien – met slegs ’n kans op reën teen die naweek. Hy vertel Donderdag en Vrydag behoort warm en sonnig te wees, ideaal vir die eerste twee dae van Sentraal-Suid-Afrika se grootste lewendehawe-, jag- en buitelewe-ekspo. 

“Dit lyk na baie lekker warm toestande en geen reën nie – behalwe dalk laat Vrydagmiddag ’n ligte bui hier en daar.”

Vir Saterdag 18 Oktober word daar egter ’n verandering in die weer voorspel. “Op hierdie stadium lyk dit of daar ’n redelike klompie reën kan voorkom – in die orde van tien tot twintig mm – saam met bewolkte toestande en temperature wat onder 25 °C kan daal.”

Hoewel die laaste dag dus koeler en nat kan wees, behoort die eerste twee dae van NAMPO Alfa ideale buiteweer te bied vir die honderde uitstallers en besoekers wat jaarliks die ekspo bywoon.

OFM is die trotse mediaborg van NAMPO Alfa. Lees meer oor die ekspo hier.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.