On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Nog 'n stiefpa kry lewenslank weens seksuele misdade

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:37 Sat, 25 Oct 2025

Noordwes: Nog 'n stiefpa kry lewenslank weens  seksuele misdade | News Article
Man kry lewenslank ná stiefdogter se verkragting. Foto: Canva

Nog ’n stiefpa in Sentraal-Suid-Afrika is lewenslank gevonnis nadat hy sy stiefdogter seksueel aangerand het.

Die man (48) van Tshing naby Ventersdorp is Donderdag (23/10) deur die Potchefstroomse streekhof tot vier lewenslange vonnisse plus ses jaar tronkstraf gevonnis. Hy het sy stiefdogter (12) gereeld verkrag en seksueel aangerand. 

Sy misdade het in September 2022 begin toe hy die meisie seksueel aangerand het terwyl sy gestryk het, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder.

“Hy het die volgende vier dae die kind in hul huis verkrag. Die slagoffer se ma, wat blind is, was ten tye van die misdade nie by die huis nie.” 

Borgtog geweier

Ná die vierde aanval het die meisie haar ma vertel wat die polisie gekontak het. Gunya sê die stiefpa is op 19 September 2022 in hegtenis geneem en borgtog geweier.

“Hy het skuld ontken, maar sy getuienis was teenstrydig. Die staatsaanklaer, Annecke du Toit, het aangevoer daar is geen wesenlike of dwingende omstandighede om ’n mindere vonnis te regverdig nie en het die oortreder se gebrek aan berou beklemtoon.”

Die hof het saam gestem en vier lewenslange vonnisse vir verkragting en ses jaar vir seksuele aanranding opgelê wat samelopend uitgedien moet word.

Welkom-prokureur Vrydag gevonnis vir seksdade met kinders | News Article

Jan Gysbert Maritz. Foto: Charne van der Merwe

In ’n ander saak van seksuele misbruik in die Vrystaat, is Jan Gysbert Maritz, ’n pa en prokureur, tot drie lewenslange vonnisse gevonnis vir verskeie seksuele oortredings teen minderjariges.

Hy is in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis nadat hy in Mei 2021 skuldig bevind is aan 16 aanklagte wat verband hou met oortredings wat tussen 2007 en 2014 in Virginia, Odendaalsrus en Welkom gepleeg is. Al sy slagoffers was destyds jonger as 18 jaar.

Maritz se vonnisse, wat samelopend uitgedien sal word, sluit in drie lewenslange vonnisse vir verkragting, asook bykomende vonnisse vir seksuele voorbereiding, blootstelling aan pornografie en seksuele uitbuiting. Sy naam is by die nasionale register vir seksuele oortreders gevoeg en hy is ongeskik om ooit weer met kinders te werk. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.