Central SA
Tien vinnige en maklike resepte vir Kerskoekies─── CHARNÉ VAN DER MERWE 09:22 Tue, 09 Dec 2025
Dis weer daardie tyd van die jaar – die feestyd is hier!
Hoe dan nou beter om tyd saam met jou gesin deur te bring as deur heerlike koekies saam te bak? Al hierdie resepte is eenvoudig en bevat nie meer as agt bestanddele nie. Gooi by mekaar, roer en bak!
Klassieke suikerkoekies
Bestanddele:
- 1 k botter
- 1 k suiker
- 1 eier
- 2 k meel
- 1 t bakpoeier
- 1 t vanielje
Metode:
- Verhit oond tot 180 °C.
- Room botter en suiker saam, voeg eier en vanielje by.
- Meng meel en bakpoeier by.
- Rol in balletjies, maak effens plat, plaas op bakplaat.
- Bak 10–12 min. Versier met versiersuiker.

Suikerkoekies. Foto: Allrecipes
Gemmerkoekmannetjies
Bestanddele:
- ½ k botter
- ½ k bruinsuiker
- ¼ k melasse
- 1 eier
- 2 k meel
- 1 t gemmer
- 1 t kaneel
Metode:
- Room botter en suiker saam, voeg melasse en eier by.
- Meng meel en speserye by.
- Rol die deeg uit en sny dit in vorms.
- Bak 8–10 min. teen 180 °C.

Gemmerkoekmannetjies. Foto: Allrecipes
Sjokoladekrinkelkoekies
Bestanddele:
- 1 k suiker
- ¼ k olie
- 2 eiers
- 1 t vanielje
- ½ k kakao
- 1 k meel
- versiersuiker vir oorstrooi
Metode:
- Meng suiker, olie, eiers en vanielje saam.
- Roer die kakao en meel by.
- Rol in balletjies, strooi versiersuiker oor.
- Bak 10–12 min. teen 180 °C.

Sjokoladekrinkelkoekies. Foto: Annelien Pienaar
Pepermentsjokoladekoekies
Bestanddele:
- 1 k botter
- 1 k suiker
- 1 eier
- 2 k meel
- 1 t vanielje
- 1 k fyngemaakte Peppermint Crisp-sjokolade.
Metode:
- Room botter en suiker saam, voeg eier en vanielje by.
- Meng meel en sjokolade by.
- Plaas op ’n bakplaat en strooi van die sjokolade bo-oor.
- Bak 10–12 min. teen 180°C.

Pepermentsjokoladekoekies. Foto: Two Sisters
Klapperkoekies
Bestanddele:
- 250 g botter
- 250 ml suiker
- 2 eiers
- 860 ml bruismeel
- 250 ml droë klapper
- 1 ml sout
Metode
- Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een op ’n slag by en meng goed ná elke byvoeging.
- Roer die klapper by en meng goed.
- Klits die meel en sout in ’n aparte bak saam en voeg dit dan geleidelik by die bottermengsel. Meng deeglik.
- Verdeel die deeg in die helfte en vorm elke porsie in ’n string van ongeveer 5 cm dik. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir minstens een uur.
- Sny die verkoelde deeg in stukke van ongeveer 1 cm dik en plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat. Bak 15 minute teen 190 °C of tot liggies goudbruin.

Klapperkoekies. Foto: Allrecipes
Kondensmelksoetkoekies:
Bestanddele:
- ½ k meel
- 4 eiers
- 1 pakkie kremetart
- 1 pakkie koeksoda
- 1 t stroop
- 730 g botter
- 1 blik kondensmelk
- 3 k suiker
Metode
- Room die suiker, botter en kondensmelk saam tot glad.
- Voeg die droë bestanddele geleidelik by, behalwe die koeksoda, en meng goed.
- Los die koeksoda op in ¼ k melk en voeg dit dan by die deeg. As die deeg te sag voel, voeg geleidelik nog 1 k meel by totdat dit werkbaar is.
- Rol die deeg uit en druk dit in jou verlangde vorms.
- Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 °C tot gaar en liggies goudbruin.

Kondensmelksoetkoekies. Foto: Salty Ginger
Brosbrood
Bestanddele:
- 1 k botter
- ½ k suiker
- 2 k meel
- 1 t vanielje
Metode:
- Room botter en suiker saam, voeg vanielje by.
- Meng meel by.
- Druk in bakplaat, sny in blokkies.
- Bak 15–20 min. teen 160 °C tot liggies goudbruin.

Brosbrood. Foto: Biscuit people
Hawermoutkoekies:
Bestanddele:
- 2 k meel
- 4 k hawermout
- 2 k klapper
- 2 k suiker
- 250 g margarien
- 3 t stroop
- 2 t koeksoda
- Rosyne opsioneel
Metode:
- Smelt die botter en stroop (moenie kook nie).
- Voeg koeksoda by.
- Meng die droë bestanddele saam.
- Voeg stroop by droë bestanddele.
- Giet in ’n oondpan en druk vas.
- Bak 10–15 min. teen 180 °C.
- Haal uit en sny dadelik.

Hawermoutkoekies: Foto: YouTube
Vlakoekies:
Bestanddele:
- 175 g meel
- 50 g vlapoeier
- 50 g versiersuiker
- ½ t sout
- 150 g sagte margarien
- 2 ml vanieljegeursel
Metode:
- Voeg al die droë bestanddele in ’n bak en meng goed (of in ’n voedselverwerker).
- Vryf die margarien en vanielje in totdat die mengsel ’n deeg vorm (of meng in die voedselverwerker).
- Vorm soos verlang en bak 15 minute of tot liggies goudbruin.

Vlakoekies. Foto: The Lemon Tree
Witsjokolade-en-bosbessiekoekies
Bestanddele:
- 1 k botter
- 1 k suiker
- 1 eier
- 2 k meel
- 1 k gedroogde bosbessies
- 1 k wit sjokoladestukkies
Metode:
- Room botter en suiker saam, voeg eier by.
- Meng meel, bosbessies en witsjokolade by.
- Skep op ’n bakplaat.
- Bak 10–12 minute teen 180 °C.

Witsjokolade-en-bosbessiekoekies. Foto: Allrecipes
Bronne: Voortrekker-resepteboek
Recipetineats: https://www.recipetineats.com/christmas-cookies-vanilla-biscuits/
OFM dg

