On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

DA eis ingryping ná skerp styging in Noord-Kaap-misdaad

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:56 Mon, 23 Feb 2026

DA eis ingryping ná skerp styging in Noord-Kaap-misdaad | News Article
Wetgewerlid Reinette Liebenberg, DA-woordvoerder oor vervoer, veiligheid en skakeling. Foto verskaf

Die voortgesette afskeping van polisiëring in die Noord-Kaap stel lewens in gevaar.

Die DA sê die jongste polisiesyfers dui op skerp toenames in verskeie ernstigemisdaad-kategorieë. Die gaan die party weer vra dat die Noord-Kaapse wetgewer ’n afvaardiging van die provinsiale kommissaris se kantoor ontbied om voor die portefeuljekomitee oor veiligheid te verskyn, sê wetgewerlid Reinette Liebenberg, DA-woordvoerder oor vervoer, veiligheid en skakeling. 

Hierdie keer moet die premier, Zamani Saul, saam met lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, opgeroep word om gesamentlik verantwoordelikheid te aanvaar vir toenemende misdaad. Hulle moet ook duidelike, tydsgebonde ingrypings aanbied om inwoners dwarsoor die Noord-Kaap te beskerm.

“Die provinsie is een van slegs twee waar meer moorde in die derde kwartaal van die 2025/26-boekjaar aangemeld is, terwyl voorvalle van poging tot moord en verskeie roofkategorieë ook toegeneem het.”

Luidens die jongste kwartaallikse syfers van die polisiediens vir die tydperk 1 Oktober tot 31 Desember het moorde in die Noord-Kaap van 112 tot 115 toegeneem. Pogings tot moorde het van 301 tot 328 gestyg, terwyl agt Noord-Kaapse polisiekantore nou tel onder die top-30 landwyd in hierdie kategorie.

In verskeie roofkategorieë was dié provinsie die enigste wat toenames beleef het. Gewone roof het gestyg tot 309 gevalle (+13), ernstige roof tot 459 (+24), roof by residensiële persele tot 71 (+32), en roof by nieresidensiële persele tot 107 (+52).

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris. Foto: Facebook

Hoewel misdade soos verkragting effens afgeneem het tot 282 gevalle (-14), beklee die provinsie steeds die derde plek nasionaal wat die verkragtingsyfer per 100 000 inwoners betref. Meer mense is ook ontvoer.

Kontakmisdade (misdade teen die persoon) in die Noord-Kaap het gestyg van 5 785 tot 6 015 gevalle, ’n toename van 230 gevalle. In verskeie roofkategorieë – waaronder gewone roof, roof met verswarende omstandighede en rooftogte by residensiële en nieresidensiële persele – was die Noord-Kaap in sommige gevalle die enigste provinsie met stygings.

Volgens Liebenberg is die provinsie se verkragtingskoers die derde hoogste. “Vandat die Noord-Kaap tussen Januarie en Maart 2025 die eerste keer die enigste een was waar toenames in moord- en kontakmisdade aangemeld het, het die DA Otola deurgaans versoek om wetstoepassing dringend te versterk in gemeenskappe wat vinnig in wetteloosheid verval.”

Zamani Saul. Foto: Zamani Saul/Facebook

Ten spyte van herhaalde betrokkenheid en oproepe vir verbeterde personeelvlakke en behoorlike hulpbronne vir polisiestasies, was daar geen betekenisvolle verbetering nie.

Liebenberg sê die misdaadstatistieke vir die derde kwartaal vir 2025/2026 moet as ’n nasionale wekroep dien. “Misdadigers buit die uitgestrekte geografie en onderpolisiëring van hierdie landelike

“Die Noord-Kaap kan nie ’n jagveld vir misdadigers bly nie. Inwoners verdien beskerming – nie om die volgende misdaadstatistiek te word nie.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.