Central SA
JF Vat Vlam beloof ’n aand vol gees en vermaak─── 11:19 Mon, 14 Sep 2026
Sponsored11:19 Mon, 14 Sep 2026
Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein maak op Saterdag, 19 September 2026, weer sy hekke oop vir JF Vat Vlam – ’n lekker kuieraand vir die hele gesin.
Die hekke open om 16:00, met pretparkpret, heerlike eet- en drinkgoed en braaivleisvure wat deel vorm van die feestelikhede. Besoekers kan ook hul piekniekmandjies, kampstoele en vleisie saambring en die JF-gees behoorlik geniet.
Die hoofvertoning begin om 19:00, met die gewilde Piesangskille wat vir die aand se musiek en vermaak sorg.
Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R100 vir leerders, terwyl voorskoolse kinders gratis toegang kry. Kaartjies is vooraf by Quicket en ook by die hekke beskikbaar.
Pulane Nel-Sekepe gesels met Henri Wilken, skoolhoof by Jim Fouche Hoërskool, sowel as Merice Erasmus van bemarking, om meer uit te vind:

