Cricket
Lions verseker van tuis-eindstryd in Eendagbeker─── 07:12 Thu, 06 Dec 2012
Die Highveld Lions het bo-aan die punteleer van die Momentumbeker-kompetisie geëindig nadat hul wedstryd teen die Chevrolet Knights afgelas is.
Die Highveld Lions het bo-aan die punteleer van die Momentumbeker-kompetisie geëindig en het daarmee ook hul plek in die eindstryd, op hul tuisveld, verseker. Dit volg nadat hul kragmeting teen die Chevrolet Knights gister in Kimberley afgelas is sonder dat ‘n enkele bal afgestuur is. Reënbuie het verhoed dat die spelers op die veld kon gaan, en die skeidsregters het die wedstryd sowat twee en ‘n driekwart uur nadat dit veronderstel was om te begin, afgelas. Twee punte is aan beide spanne toegeken. Die Lions sal die eindstryd volgende Vrydag op die Wanderers aanbied.
Intussen het Richard Levi ‘n loopbaanbeste 166 lopies gemoker in die Cape Cobras se oorwinning van 111 lopies teen die Titans in die Paarl. Die verdedigende kampioene het 316 vir 7 in hul 50 boulbeurte aangeteken en het die Pretorianers vir slegs 205 lopies uitgehaal. Die oorwinning beteken dat die twee spanne weer Sondag in die Kaap in ‘n uitspeelwedstryd teen mekaar te staan gaan kom vir ‘n plek in die eindstryd teen die Lions.
Sapa