Cricket
Pakistanse kolwers skop vas teen SA─── 22:04 Thu, 14 Feb 2013

Pakistan hervat hulle eerste beurt vanoggend op 253/5 op die tweede dag van die tweede toets teen die Proteas in Kaapstad.
Pakistan hervat hulle eerste beurt vanoggend op 253 vir vyf danksy ‘n verbete terugvegpoging deur Younis Khan en Asad Shafiq op die eerste dag van die tweede toets teen die Proteas in Kaapstad. Suid-Afrika-kaptein, Graeme Smith, het vroeër die loot gewen en die besoekers ingestuur om eerste te kolf – maar die Pakistanse kolwers het aanvanklik nie opgewasse teen die Suid-Afrikaanse boulaanval gelyk nie, en het in ‘n stadium op 33 vir 4 gesteier. Khan en Shafiq het egter beide honderdtalle aangeteken en 219 lopies om die vyfde paaltjie aangeteken - ‘n Pakistanse rekordvennootskap.
Younis het uiteindelik sy paaltjie met sy telling op 111 verloor – 13 balle voor die einde van die dag se spel. Shafiq is egter steeds onoorwonne met sy telling ook op 111. Sarfraz Ahmed sal die beurt vanoggend saam met Shafiq open – hy het nog nie sy rekening geopen nie.
Wat die Suid-Afrikaanse boulers betref het Vernon Philander en Morne Morkel reeds elkeen twee paaltjies ingeoes, Dale Steyn van Mohammad Hafeez ontslae geraak het.
Sapa