On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Entertainment

Weird Wide Web: Miljoenêr eet katkos 'om geld te spaar'

───   16:36 Mon, 09 Jan 2023

Weird Wide Web: Miljoenêr eet katkos 'om geld te spaar' | News Article

Om versigtig te wees oor hoe jy jou geld bestee is 'n goeie ding, maar waar trek mens die streep?

Die meeste van ons het al gedink hoe die lewe as 'n multi-miljoenêr sou wees - die soort huis wat ons sou hê, die ontwerpersklere wat ons sou koop, en, natuurlik, die kos wat ons sou eet. 

Die laaste ding wat ons waarskynlik voorstel dat enige multimiljoenêr doen, is om katkos uit eie keuse te eet - tensy hulle een of ander ongewone kinkel het.

Volgens Ladbible is dit presies wat Aimee Elizabeth, 'n inwoner van Las Vegas in Amerika doen, ondanks die feit dat sy 'n koel R70 miljoen in die bank het.

Haar suinige manier van lewe het aan die lig gekom toe een van haar vriende op die TLC-program Extreme Cheapskates oor haar ongewone eetgewoontes geskinder het.

"Ek was by haar huis en sy het my gevra het of ek middagete wil hê. Ek het gesê: 'Sekerlik'. Sy het vir my 'n tuna-toebroodjie gemaak en terwyl ek dit eet kon ek die vis proe.

"En toe kyk ek op die toonbank, en ek sien daar is leë katkosblikke. Ek het gedink: 'Nee, sy het dit nie gedoen nie!'"

Aimee erken dat sy verkies om katkos te koop omdat dit "goedkoper" is as vleis wat vir mense geproduseer word.
Sy sê sy koop katkos vir haarself - en om ander te voer – want vis vir katte kos 30 sent minder as vis vir menslike gebruik.

Dit is nie die enigste uiterste ding wat Aimee doen om haarself kontant te spaar nie, al is sy stinkryk danksy haar vele beleggings. Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.